VESEL NOU IN DIE AREA'S

Benodig Internet in die stad, op die myn, die plaas of aftreeoord. Vesel, LTE, 5G  tot satelliet. Op Safari in Afrika? Kontak ons gerus per whatsapp. Die oplossings het ons.

 

VESEL PRYSE

VESEL ONBEPERK (Uncap).  
Maandelikse koste. Sluit in Vesel punt huur:

10 Meg bandwydte - R 850
15 Meg nadnwydte - R 1100
20 Meg bandwydte - R 1350

 

VESEL DATA BONDEL (Cappped)

200 gig  -10 meg bandwydte  - R650  

 

Voorwaardes en Terme geld. Billike gebruik maks 1 TB per 10 meg bandwydte.
Vesel infrastruktuur koste nie ingesluit 

Installerings koste onderhewig aan kwotasie 

** Pakette sal elke 3 maande heroorweeg word, soos meer gebruikers aanteken. 
*** Geen rugsteun lyn tans beskikbaar sou die hoof vesel af gaan. U is verantwoordelik dan vir eie rugsteun diens.

Aansluiting slegs moontlik vir  persele langs die roetes.
Roete 1: Vanaf Veiligheidskantore via Smaragstraat - Rooipad tot by Sonplaas.
Roete 2 : Saffier straat  

 

 

 

VESEL INSTALLASIE

Onderworpe aan kwotasie vooraf.

VESEL NETWERK 

 

Orania Infrastruktuur . Doen vesel aansluiting.  Vesel word ondergronds / oorhoofs gespan na perseel . 

 

KANSELASIES

Met die vroeë kansellasie van 'n vaste-termyn kontrak, sal die Kliënt aanspreeklik bly vir alle bedrae verskuldig tot op die datum van beëindiging, plus 'n redelike kansellasieboete. Hierdie boete kan die volgende insluit:
Die terugeis (clawback) van enige gratis installasie-, aktivering- of roeteerderkoste (router) wat aanvanklik deur die IDV kwytgeskel is.
'n Pro-rata berekening van die oorblywende maande

Die Eiendomseienaar mag onder geen omstandighede die fisiese bates, kabels, of ONTs opeis, verkoop, of aan 'n ander lisensiehouer of mededingende ISP oordra nie. Die bates is roerende eiendom.


Aangesien meerderheid Internet kliënte huurders is, word "gratis" installasies gedoen ten doel vir volgende huurders of gebruikers om 'n bekostigbare diens daar te stel. Die ooreenkoms waartoe die eienaar van die perseel instem,  is ten doel om ‘n langtermyn verhouding daar te stel, en om sy waarde te verhoog en nie gerig op die internet kliënt self nie.

 

Die Eiendomseienaar mag onder geen omstandighede die fisiese bates, kabels, hulsels of ONTs opeis, verkoop, of aan 'n ander lisensiehouer of mededingende IDV oordra nie. Toegang na die bates word beskerm deur die Wet op Kommunikasie. Die bates word gesien as roerende eiendom. Sou ‘n mededingende IDV dienste wou lewer, sal die op eie koste ‘n eie installasie moet doen of op redelike en billike in gesprek moet tree met Oranet waar beide IDV voordeel trek.
 

 

 

UITROEP FOOI en ondersteunings tye


Kontrakteursfooi Uitroep, soos beskikbaar - R350 en daarna R150 per uur 
(Nie Saterdae (tensy gereel) of Sondae nie)

Whatsapp / Telegram jou probleem. Moet nie skakel nie